Minister onthul hy is gay, skei van vrou
2010-08-28 05:52
Londen - Crispin Blunt, minister van tronke en lid van die parlement, het Vrydag in 'n verklaring onthul dat hy homoseksueel is en dat hy van sy vrou gaan skei.
Die 50-jarige Blunt het die skeiding van sy vrou bekend gemaak om "sy homoseksualiteit te verwerk".
Luidens die verklaring is daar nie 'n derde party betrokke in die besluit nie en het die publiek gevra om sy familie se privaatheid te respekteer.
"Die familie wil nie enige verdere openbare kommentaar lewer nie, en hoop dat hul privaatheid respekteer word terwyl hulle die moeilike private kwessies hanteer," lui die verklaring.
Blunt is sedert 1997 'n LP.
Hy en sy vrou, Victoria is in 1990 getroud en het 'n seun en dogter.
- SAPA