Minister ondervra in Sarkozy-skandaal
2010-07-29 12:12
Parys - Die polisie ondervra Eric Woerth, minister van arbeid, oor sy verbintenis met Liliane Bettencourt, 'n erfgenaam van L'Oreal, in 'n skandaal wat die hoogste vlakke van pres. Nicolas Sarkozy se regering bereik het.
'n Bron na aan die ondersoek het Donderdag bevestig die minister word ondervra.
Woerth, wat Sarkozy se verkiesingsveldtog gelei het, sal na verwagting ondervra word oor 'n hele aantal kwessies, insluitend 'n moontlike rol in haar belastingontduiking, onwettige finansiering vir Sarkozy se party se verkiesingsveldtog en botsende belange.
Hy ontken die bewerings.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP