Minister bedank ná gru-ongeluk in Egipte
2012-11-17 14:45
Kaïro – Talle kleuterskoolkinders tel onder die 49 mense wat Saterdag dood is nadat 'n trein hul bus by 'n spooroorgang getref het, het beamptes gesê.
'n Seinoperateur het vermoedelik aan die slaap geraak, het die staatsnuuskanaal berig.
"Daar is nou 49 sterftes en 18 beserings en byna al die sterftes is kinders," Yehya Keshk, die goeweneur, gesê.
Die bus, wat 60 kinders vervoer het op 'n uitstappie wat hul kleuterskool gereël, is op 'n spooroorgang in Manfalut, suid van Kaïro, getref, het die polisie gesê.
Die kinders was tussen die ouderdomme van vier en ses.
'n Span van 45 dokters is besig om die beseerdes te behandel, het Keshk gesê.
Pres. Mohamed Morsi het die premier, die ministers van gesondheid en verdediging en die goeweneur van Assiut beveel om bystand aan die gesinne van die slagoffers te bied.
Rashad al-Metini, minister van vervoer, het te midde van die tragedie bedank en gesê hy "aanvaar verantwoordelikheid" vir die ongeluk. Morsi het ook die bedanking van die hoof van Egipte se spoorwegowerheid aanvaar.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA