Min hoop vir onteerde Murdoch

2011-07-24 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Rupert Murdoch se seun gaan dalk binnekort ’n tweede keer voor Britse parlementslede moet getuig, in die VSA word al hoe meer vrae oor die wenslikheid van sy bedrywighede gevra, en nou is daar selfs ’n ligte herrie oor of hy Bybels mag verkoop.

Soos wat die donker wolk oor die mediamagnaat Murdoch die afgelope week toegeneem het in die nadraai van die News of the World-skandaal (die koerant het onder meer op terreurslagoffers se foongesprekke ingeluister) val die soeklig toenemend op Murdoch se belange in die VSA. Sy seun, James Murdoch, die voorsitter van News International wat News of the World besit het, het pas gehoor die Britse parlement is nie tevrede met sy verskoning dat hy niks van die meeluistery geweet het nie en wil hê hy moet weer kom verduidelik.

In Brittanje loop die gemoedere teen die Murdochs nou so sterk dat die Britse Olimpiese span, wat News International vroeër as mediavennoot gekies het vir volgende jaar se Olimpiese Spele, nou aangekondig het hulle gaan dié bande verbreek.

Die Murdochs se ongewildheid kring ook vinnig uit na Amerika, waar hulle onder meer die eienaars van die groot TV-netwerk Fox is.

Hoewel baie linkses ongelukkig oor Fox se konserwatiewe politiek is, het koerante soos USA Today en The Salt Lake Tribune oor die af­ge­lope week in rubrieke op ’n meer kommerwekkende tendens gewys, naamlik die toenemende fokus op seks en sensasie op dié netwerk. Dit is iets wat volgens hulle daarop dui dat die benadering van Murdoch se Britse poniekoerant ál meer in sy Amerikaanse filiale ook opduik.

In Amerika besit Murdoch ook een van die grootste poniekoerante, New York Post.

Op die Christelike blogosfeer het ’n debat boonop losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat Murdoch se News Corporation die uitgewer Harper Collins besit, wat die eienaar is van Zondervan, een van die grootste Christelike uitgewers. Op die blog Holy Moly is Murdoch nou selfs al deur Will Braun, oudredakteur van die tydskrif Geez, beskryf as ’n “Bybelmagnaat”, terwyl USA Today se religieuse blog, Faith and Reason, lui: “Sal jy ’n Bybel koop by Rupert Murdoch? ... Jy het waarskynlik al!”

Braun skryf: “Wat moet ons daarvan dink dat ons, elke keer as ons ’n Zondervan-produk koop, bydra tot Murdoch se mag en sy persoon­like fortuin van $6,3 miljard (sowat R43 miljard)?”

- Saamgestel uit: USA Today, The Salt Lake Tribune, Reuters 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.