Miljoene se kokaïne gevind
2009-09-22 03:28
Guatemala - Owerhede in Guatemala het ‘n rekord-dwelmvonds van sowat 1691 kilogram se kokaïne laat Sondagmiddag, gemaak.
Dit is die grootste vonds van hierdie onwettige dwelm wat nog in dié land gemaak is, en is minstens $20 miljoen (R149 miljoen) werd.
Bronne het aan die nuusagentsap AFP gesê die kokaïne was in ‘n vragmotor wat Guatemala vanaf Honduras binnegegaan het, versteek.
Amptenare sê vyf verdagtes is in hegtenis geneem.
- Sapa