Miljoene bye ontsnap ná vragmotor omslaan
2011-07-12 21:00
Island Park – Beamptes in Idaho, Amerika, het gespook om 14 miljoen
bye te vang ná ‘n vragmotor vol byekorwe op ‘n hoofweg naby Island Park omgeslaan
het.
Polisiebeamptes sê verskeie werkers is deur
die bye gesteek tydens Sondag se opruimingsoperasie.
Inwoners van die gebied het berig dat hulle ‘n
swart wolk oor die pad sien hang en terselfdertyd ‘n luide gedruis gehoor het.
Dit het hulle ‘n ruk geneem om te besef dat
dit ‘n massiewe swerm bye is.
Volgens owerhede was die vragmotor besing om bye
van Kalifornië na North Dakota te vervoer toe die vragmotor van die pad af beweeg
en omgeslaan het.
Meer as 400 byekorwe vol bye en heuning het
van die vragmotor afgeval.
Die meeste van die bye is weer gevang, maar daar het wel ‘n groot aantal verlore gegaan.
Volg Nuus24 op Twitter.