Militante skiet skoolseuns dood
2009-09-08 10:18
Peshawar - Taliban-militante het vier skoolkinders doodgeskiet en ses ander gewond tydens 'n aanval in die noordweste van Pakistan.
Die militante het op hulle losgebrand toe die kinders op pad skool toe was.
"Dit lyk na 'n sektariese aanval omdat die slagoffers aan die Shiite-sekte van Islam behoort. Die aanvallers is Taliban," het Asmatullah Khan van die plaaslike owerhede gesê.
Inwoners sê die skoolseuns is almal jonger as 16, maar die spesifieke ouderdomme kon nie verskaf word nie.
"Ek het skote gehoor en by my huis se deur uitgehardloop. Ek het mans met gewere in twee Jeeps sien vlug terwyl die seuns gebloei het," het Samiullah Khan, 'n inwoner, gesê.
– Sapa-AFP