Militante hou priester gyselaar
2009-10-13 15:45
Manila – Fillipynse troepe, en lede van die vloot is ingespan om ‘n sieklike Ierse priester te bevry vanuit die kloue van beweerde Moslem-militante.
Tot dusver versuim hulle nog om tot optrede oor te gaan uit vrees vir priester Michael Sinnottse (79) se lewe, het majoor-generaal Benjamin Dolorfino gesê.
Islamitiese vryheidheidsvegters is al dekades lank in stryd met dié Katolieke nasie.
Sinnottse se ontvoering Sondag is die nuutste gyselaarsdrama wat hier afspeel.
Militêre informante het blykbaar vir Sinnottse en sy ontvoerders naby die kus, en later in die berge, opgemerk.
Volgens Dolorfino soek hulle ‘n losprys vir sy vrylating.
“Ek is seker hulle sal mooi na hom kyk.”
“Hy is vir hulle geld werd,” het hy bygevoeg.
- Sapa-AP