Militante hou beamptes gevange
2009-10-10 23:48
Rawalpindi – ‘n Militantegroep hou verskeie sekuriteitsbeamptes in aanhouding binne in Pakistan se weermagbasis.
Dit kom kort nadat hulle die basis aangeval het. Hierdie aanval, waarin 10 persone gesterf het, is die derde aanval in ‘n week.
Hierdie voorval bewys dat militante oor die vermoëns beskik om selfs Pakistan se streng sekuriteit binne te dring. Pakistan het onlangs ‘n operasie uitgevoer waarin hulle die Taliban-leier, Baitullah Mehsud, met die hulp van die CIA uitgewis het.
Volgens ‘n woordvoerder van die weermag word verskeie van hulle lede in ‘n sekuriteitsgebou aangehou.
–AP