Michelle Obama kry Twitter-rekening
2012-01-12 20:57
Washington – President Barack Obama se span wat in beheer is van sy herverkiesingsveldtog het Donderdag ‘n Twitter-rekening vir sy vrou, Michelle, oopgemaak.
Nietemin was dit lede van die span, eerder as die presidentsvrou self, wat die eerste twee twiets uitgestuur het.
Die @michelleobama-rekening, wat daarop gemik is om verhoudings te bou met sommige kiesers voor die verkiesings in November, word beskryf as “’n nuwe manier vir jou om met die presidentsvrou Michelle Obama en die president se veldtog te kommunikeer”.
Alhoewel die rekening, net soos die president se twiets, deur ander mense bestuur sal word, sal enige boodskap wat sy self stuur geteken word “-mo”.
Die @michelleobama-rekening het reeds binne drie ure nadat dit geskep is meer as 54 000 aanhangers gehad.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP