Mexiko stel reuse-losprys
2011-01-31 23:00
Mexiko Stad - Mexikaanse aanklaers bied agt miljoen pesos (sowat R4,7 miljoen) aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van twee verdagtes in die slagting van 72 onwetigge migrante uit Sentraal- en Suid-Amerika.
Die owerhede het reeds agt mense in hegtenis geneem in verband met die massamoorde in Augustus verlede jaar op ‘n plaas in die noordelike staat Tamaulipas, wat teen die Amerikaanse grens lê.
Die groot bedrag wat nou aangebied word vir twee verdagtes wat by die byname “Die Coyote” en “Die Skerpioen” geken word, beteken hulle was dalk die meesterbreine agter die slagting.
Die owerhede blameer die Zetas-dwelmkartel vir die moorde. ‘n Oorlewende het gesê die bende het die migrante geskiet nadat dié geweier het om vir die bende te werk.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP