Mexiko-dwelmoorlog: 23 Grumoorde in een stad
2012-05-05 09:48
Nuevo Laredo, Mexiko – In die Mexikaanse stad Nuevo Laredo is 14 koplose lyke Vrydag in 'n voertuig gevind en nege liggame het van 'n brug gehang.
Geskokte motoriste in Nuevo Laredo – 'n stad oorkant die riviergrens van Laredo, Texas – het die bloedbevlekte lyke van vier vroue en vyf mans van 'n brug sien hang.
Daarna het die polisie 14 koplose lyke in 'n voertuig gevind. Die 14 koppe is in koelbokse buite die stadsaal ontdek.
Nuevo Laredo is 'n belangrike stad vir bendes wat dwelms na Amerika smokkel. Sowat 40% van die dwelms wat na Amerika gesmokkel word, beweeg deur dié stad.
In die naburige staat van Veracruz het sekuriteitsmagte Donderdag die onthoofde lyke van twee vermiste nuusfotograwe gevind, slegs enkele dae nadat 'n tydskrifjoernalis in dieselfde staat vermoor is.
Meer as 50 000 mense is sedert Desember 2006 in Mexiko se dwelmoorlog vermoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP