Mexiko: 31 sterf in gevegte in tronk
2012-01-05 12:00
Nuevo Laredo – Minstens 31 mense is Woensdag dood en 13 is beseer toe gevegte tussen gevangenes by ‘n tronk, waar dwelm-bendelede in die noordooste van Mexiko aangehou word, uitgebreek het, het amptenare gesê.
Die polisie en soldate het die Santa Amalia-gevangenis in Altamira op die Golf van Mexiko omsingel en uiteindelik weer beheer oorgeneem, het ‘n woordvoerder van die polisie gesê.
Gevangenes het selfgemaakte wapens gebruik tydens die gevegte wat in die mansafdeling van die tronk in die suide van die grensstaat Tamaulipas uitgebreek het.
Dertien gevangenes wat glo in die gevegte betrokke was is vasgetrek, het staatsamptenare gesê.
Die tronk is ontwerp om 2 00 gevangenes te hou, maar daar was meer as 3 000 in aanhouding.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP