Mexiko: 10 polisiebeamptes sterf in aanval
2010-06-14 20:55
Morelia, Mexiko – 'n Groep gewapende mans het Maandag in Mexiko se misdaad-geteisterde westelike Michoacan-staat op polisielede losgebrand. Tien beamptes is in die aanval dood, en verskeie ander is gewond, het owerhede gesê.
Volgems amptenare van Mexiko se Openbare Veiligheidsministerie het die aanval plaasgevind in die dorpie Zitacuaro. 'n Paar van die aanvallers is ook in die voorval dood.
Michoacan is die basis van die "La Familia"-kartel, wat bekend staan as een van Mexiko se dodelikste dwelmhandel-organisasies, met 'n geskiedenis van gewelddadige konfrontasies met die polisie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP