Merkel staan op vir Griekeland
2011-10-05 19:09
Berlyn – Die Duitse kanselier Angela Merkel het gesê
dat Griekeland ‘n kans gegun moet word en dat hulle hul lidmaatskap van die eurosone moet behou.
Sy het gesê dat hulle ‘n kans gegun moet word om
hul openbare finansies en hul ekonomiese vooruitsigte te verbeter.
“Griekeland moet deel bly van die eurosone en ‘n
kans gegun word om hul situasie te verbeter,” het Merkel gesê.
Sy is veronderstel om Donderdag met Christine Lagarde,
besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds, te vergader.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP