Meisies erken skuld ná seun rotgif-koekies inkry
2011-06-15 23:28
Rio de Janeiro – Twee meisies, 13 en 14 jaar oud, is na 'n tronk
vir minderjariges gestuur ná hulle erken het dat hulle verantwoordelik was vir ‘n
baksel giftige koekies wat ‘n seun se lewe geëis het.
Die 12-jargie seun het die koekies, wat vol rotgif
was, geëet en is verlede week in Recife dood.
Die meisies het die polisie vertel dat die
koekies eintlik vir twee ander meisies in hulle skool op wie hulle baie jaloers is bedoel was.
Hulle het die seun gevra om die koekies
te gaan aflewer, maar hy het dit toe self geëet.
“Die twee meisies was desperaat om gewild te
wees by die skool en dinge het hand uit geruk,” het Mariana Villas Boas, wat
die saak ondersoek, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.