Meisie vir 'n jaar lank in kas aangehou
2010-02-03 11:23
Kaapstad - ‘n Amerikaanse paartjie word daarvan aangekla dat hulle die vrou se 12-jarige dogter vir omtrent ‘n jaar lank in ‘n kas aangehou het, berig die Sydney Morning Herald.
Hulle het haar blykbaar slegs uitgelaat om skool en toilet toe te gaan.
Owerhede het Woensdag laat blyk Alfredo Ines (43) en Leticia Ines (40) van Texas, word beskuldig van onwettige inperking en die besering van ‘n kind.
Sy het blykbaar haar huiswerk by die lig wat onder die kas se deur ingeskyn het, gedoen en op komberse op die sementvloer geslaap.
Een van haar drie broers het blykbaar owerhede by sy skool van sy suster vertel, en ondersoek is ingestel.
Kliek hier vir die volledige storie