Meisie slaap deur familiemoord
2011-05-01 21:00
West Union (Ohio, Amerika) - Volgens die owerhede in Ohio het ‘n agtjarige meisie deur die noodlottige skietaanval op vier van haar familielede in ‘n landelike huis in dié staat geslaap.
Die familielid wat daarvan verdink word dat hy die moorde gepleeg het, het later in ‘n skietery met die polisie gesterf.
Die 27-jarige Randle Lee Roberts II is dood in die skietery in Columbus, ongeveer ‘n uur nadat die meisie die familie se bure laat weet het dat iets by haar huis – ongeveer 153 kilometer van Colombus - gebeur het.
Volgens die distrikspolisie het die vier slagoffers die meisie se ma en haar 11-jarige suster ingesluit. Ondersoekers glo die vier is met ‘n semi-outomatiese geweer geskiet, maar samel nog bewysstukke in.
Volgens die polisie het Roberts reeds maande lank by die familie se huis gebly, blykbaar omdat hy van inbraak in sentraal-Ohio verdink word en lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP