Meisie pleeg selfmoord om organe te skenk
2011-07-07 22:07
Nieu-Delhi – ‘n Twaalfjarige Indiese meisie het haar eie
lewe geneem sodat haar organe aan haar pa en broer geskenk kan word, berig Huffington Post.
Die nota waarop sy haar laaste wense
neergeskryf het, is egter te laat gevind en Mumpy Sarkar is veras.
Die jong meisie van die ooste van Indië het
besluit dat selfmoord die enigste manier is om haar familie te help.
Hulle kon nie die oogoperasie om haar pa se
sig te red bekostig nie en haar broer het ‘n nieroorplanting nodig
gehad om sy lewe te red.
Haar selfmoordbrief is egter eers ná haar
verassing gevind.
‘n Plaaslike raadslid het van die storie te
hore gekom en belowe om die familie te help met die mediese onkoste vir haar pa
en broer se behandeling.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.