Meisie jare lank in badkamer aangehou
2011-02-09 18:00
Dayton, Ohio - Die polisie in Amerika het gesê ‘n negejarige meisie is jare lank in ‘n geslote badkamer aangehou wanneer sy nie by die skool was nie.
Beamptes in die Montgomery-distrik in Ohio sê die 50-jarige Brian G. Hart en die 49-jarige Rivae Hart was die kind se wettige voogde. Sy is Rivae Hart se kleindogter.
Die polisie in Dayton sê dat die meisie sedert driejarige ouderdom meestal in ‘n badkamer, wat met kaste afgesper is, moes bly. Sy moes op ‘n kot slaap.
Die paartjie het die blaam hiervoor op die dogter se gedragsprobleme geplaas, maar die owerhede sê haar ontwikkeling is normaal.
Die Harts word aangekla van ontvoering en dat hulle nie kind in gevaar geplaas het.
Die egpaar se twee seuns is nou in pleegsorg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP