Meisie deur 23 klasmaats mishandel
2010-04-02 05:41
Kaapstad – ‘n Skok-onthulling van ‘n sesjarige meisie wat fisies en seksueel deur 23 van haar klasmaats mishandel is, is Donderdag bekendgemaak.
Die meisie is daagliks kaal uitgetrek en deur leerders, van haar eie ouderdom aangerand, op die skoolgronde van die skool in Wallis.
Maar die skool en die plaaslike raad het gesê die kinders se jong ouderdomme en ‘n tekort aan bewyse het beteken dat daar min aan die saak gedoen kon word.
‘n Hersienning is nou aan die gang om vas te stel hoekom die skool twee jaar gelede versuim het om enige van die kinders betrokke by die mishandeling uit die skool te verwyder.
- Vir die volledige storie besoek iol