Meisie buite skool in nek gesteek
2012-02-06 20:03
Stockholm – Die polisie in Swede is op soek na ‘n man wat ‘n 10-jarige meisie buite ‘n skool in Goteborg, in die suidweste van die land, in die nek gesteek het.
Die meisie is erg gewond in Maandag se voorval buite die Bergsgards-skool.
Die mes was steeds in haar nek toe sy na die hospitaal geneem is. Sy word tans geopereer.
Bjorn Blixter, ‘n polisiewoordvoerder, sê die meisie kon met die polisie praat terwyl sy na die hospitaal geneem is.
Blixter sê die slagoffer het nie voorheen die aanvaller gesien nie.
Hy sê die polisie is nog op soek na die aanvaller, wat vermoedelik in sy 20’s is.
Die polisie is ook besig om met ooggetuies te praat.
Die motief is nog onbekend.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP