Meisie (3) en seun (5) raak verloof
2010-10-22 13:20
Londen - Hul verlowing in Sirië ná 'n warrelwind vakansieromanse kan 'n onbenydenswaardige wêreldrekord opstel.
Khalid, die voornemende bruidegom, is vyf en sy verloofde, Hala, is 'n driejarige kleuter.
Hulle het mekaar ontmoet toe Khalid en sy ouers in Lattakia aan Sirië se Mediterreense kus vakansie gehou het.
Met sy terugkeer het hy geweier om skool toe te gaan tensy Hala saam is. Volgens Hala se ma het sy ook simptome van eensaamheid getoon ná Khalid weg is.
Hul ouers neem nie net die verlowing ernstig op nie – hulle het selfs die seremonie gereël en die ringe gekoop.
Die kinders se ouers sê hulle het uit vrye wil ingestem en sal eers oor tien jaar trou.
Kindertroues word veroordeel deur internasionale mensregtegroepe.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter