Kat oorleef spoel in toilet af
2010-10-19 15:01
Sydney - 'n Pasgebore kat het 'n noue ontkoming gehad ná hy in die toilet afgespoel is, het beamptes Dinsdag gesê
Die dag oue kat het in die toilet vasgesit waarna die frantiese eienaar nooddienste ontbied het.
Reddingswerkers het 'n kamera gebruik en die kat "in die pyp etlike meter onder die grond" gevind, het Ian Krimmer van die brandweer gesê.
Drie spanne insluitend 'n spesiale soek-en-reddinspan het op die oproep reageer en het die toilet uitmekaar en deur 'n betonblok gebreek om die kat te bereik.
"Ons probeer altyd met diere help waar ons kan," het Krimmer gesê.
Mediaberigte sê 'n tweejarige meisie het die kat in die toilet afgegooi.
Volg Nuus24 op Twitter