Meeste New Yorkers ondersteun Wall Street-betoging
2011-10-18 20:00
New York – Volgens ‘n peiling wat in New York gedoen is,
ondersteun die meeste inwoners van dié stad die Occupy Wall Street-betogings.
In protes teen korrupsie en gulsigheid, kampeer betogers die afgelope vyf weke in Zuccotti Park in Manhattan.
Dié park is ‘n paar blokke weg van die Word Trade
Center, die New York Aandelebeurs en verskeie staatsgeboue af.
Volgens Sienna College, wat die peiling gedoen
het, ondersteun 58% van New Yorkers die betogers se saak.
Die betogers glo dat hulle die “99%
Amerikaners wat nie meer die 1% se gulsigheid en korrupsie sal duld nie”
verteenwoordig.
Slegs 27% van New Yorkers wat aan die peiling
deelgeneem het, kritiseer die protesaksie.
‘n Peiling wat by die Quinnipiac Universiteit
gedoen is, toon dat 87% van New York se inwoners saamstem met die betoging teen Wall
Street.
In beide peilings is dit meer die demokrate as republikeine wat die protesaksie in New York ondersteun.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA