Mees 'versierde' bruid ooit
2011-06-13 22:59
Londen – Elaine Davidson, wat die wêreldrekord hou vir die
meeste oorringe, neusringe, gaatjies en versierings aan haar lyf, het verlede week getrou, berig Huffington Post.
Sy het reeds in 2000 die Guinness Wêreldrekord
gebreek met 462 gaatjies en ringe, maar het deesdae al meer as 6 000.
Haar eggenoot, Douglas Watson (60) is 'n staatsbeampte en het nie eers
‘n enkele oorbel nie.
“Elaine het wonderlik gelyk,” het hy ná die
seremonie gesê.
“Mense kyk na haar en sien net haar
versierings, maar ek sien haar ongelooflike persoonlikheid.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.