Mediabaas Rupert Murdoch se seun bedank
2011-11-23 16:02
Londen – James Murdoch het bedank as direkteur van die maatskappye wat die Britse publikasies The Times, The Sunday Times en The Sun publiseer.
Volgens The Telegraph sit geen lid van die Murdoch-familie meer op die rade van die moedermaatskappy News International se koerante in die Verenigde Koninkryk nie.
Murdoch, seun van die mediabaas Rupert Murdoch, het uit News Group Newspapers Limited (uitgewer van The Sun) en Times Newspapers Limited (wat The Times en The Sunday Times bedryf) getree.
News Group Newspapers Limited het ook die poniekoerant News of the World bedryf.
News of the World, wat intussen toegemaak het, word tans ondersoek ná ‘n omstrede afluisterskandaal wat die wêreld op hol gehad het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter