Media het die reg om vrae te stel, sê Merkel

2012-01-20 09:10
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die Duitse bondskanselier, dr. Angela Merkel, het die Duitse media se harde aanpak van die korrupsieklagte teen die seremoniële staatshoof, pres. Christian Wulff, verdedig.

In ’n radio-onderhoud wat wye aandag getrek het, het sy gesê Duitsland is ’n vrye, demokratiese land. “Daarby hoort uiteenlopende media wat die reg het om vrae te stel.”

Daarteenoor is dit Wulff se plig om antwoorde te verskaf.

Dié houding staan in skrille kontras met die kritiek wat in talle outoritêre Europese lande – onder meer Rusland en Hongarye – uitgespreek word op die rol van die media in die oopvlek van wantoestande.

Dit is ook ’n aanduiding dat Merkel haar steun aan Wulff onttrek het. Haar beleid, so lyk dit, is om Wulff nie openlik te laat val nie, maar om die openbare druk sodanig te laat aanwas dat hy self bedank.

’n Gewese regter van die grondwetlike hof, regter Dieter Grimm, het Wulff ook Donderdag in ’n meningsartikel in die gerespekteerde Frankfurter Allgemeine Zeitung aangeraai om in sy eie belang te bedank.

Wulff breek homself af met die voortdurende leuens waarop hy betrap word, het Grimm te kenne gegee.

Die media het die laaste weke verskeie gevalle oopgevlek waar Wulff, terwyl hy nog premier van die deelstaat Nedersakse was, by praktyke betrokke was wat óf korrup was of daaraan gegrens het.

Erger nog, hy het sedertdien verskeie leuens vertel om hom daaruit los te wikkel – wat op hul beurt onmiddellik genadeloos aan die kaak gestel is.

Merkel het voorts gesê sy verstaan die rol van die media as “bemiddelaar tussen die politici en die bevolking”. Daaruit lei sy die verpligting af wat politici het om álle vrae wat aan hulle gerig word, oortuigend te beantwoord.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.