McCann’s skryf boek oor vermiste Madeleine
2010-11-15 11:13
Kaapstad – Kate en Gerry McCann gaan ‘n boek skryf oor hul dogter, Madeleine, se verdwyning en hul pogings om haar te vind.
Ná ‘n groot geveg, het Transworld die regte gewen om die paartjie se storie te vertel. Madeleine het in 2007 tydens haar familie se vakansie in Portugal weggeraak.
Die geld van die boek se verkope sal aan die McCann’s se amptelike fonds vir Madeleine gaan, wat dalk teen volgende jaar uitgeput sou wees.
Besonderhede rondom die boek is nog nie bekend nie, maar daar word beweer dat die McCann’s ‘n groot deel van die wins sal opraap.
Die boek, genaamd Madeleine, sal volgende jaar op 28 April gepubliseer word.
- Vir die volledige storie besoek Sky News.
- Volg Nuus24 op Twitter.