McCann se boek oor ontvoering verskyn
2011-05-12 07:08
Londen. – Madeleine McCann, wat vier jaar gelede in Portugal verdwyn het, se ma skryf in haar nuwe boek sy glo die ontvoerders het inligting gehad oor die gesin se bewegings.
In die boek, Madeleine, wat Donderdag op Madeleine se verjaardag gepubliseer word, skryf Kate McCann sy vermoed iemand het die nota gelees in die restaurantbesprekingsboek by die oord waar hulle tuisgegaan het wat aangedui het waar die ouers sou gaan eet terwyl die kinders in die vakansiewoonstel slaap.
Die opbrengs van Madeleine gaan volgens Kate en Gerry McCann gebruik word om die fonds om Madeleine te vind, aan te vul.
Madeleine sou vanjaar agt jaar oud geword het. Die fonds was eens £2 miljoen (sowat R22 miljoen) sterk.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP