McCann-gesin vol hoop oor Maddie
2009-09-23 20:36
Lisbon - Die ma van die vermiste Britse meisie Madeleine McCann sê sy het nuwe hoop dat haar kind opgespoor sal word.
Dít volg ná Jaycee Dugard wat 18 jaar gelede in Kalifornië ontvoer is, met haar familie herenig is.
Kate McCann sê sy en haar man, Gerry, sal nie moed verloor in die soektog na Madeleine nie.
Madeleine het in 2007 tydens 'n familievakansie in Portugal verdwyn.
Die McCann-gesin het Woensdag vir die eerste keer ná Madeleine se verdwyning, in Portugal aangekom.
Die paartjie het met hul Portugese prokureurs vergader.
– Sapa-AP