Matrose dryf 33 dae in Stille Oseaan
2011-11-25 13:14
Majuro – Twee matrose het oorleef nadat hulle vir meer as ‘n maand in die Stille Oseaan gedryf het, het beamptes gesê.
Die matrose het meer as ‘n maand lank in die see gedryf voordat hulle ‘n geïsoleerde koraaleiland in die suidelike Marshall-eilande bereik het.
Die mans – van die naburige eiland Kiribati – was in ‘n “redelike” toestand ná hul beproewing, het lt. George McKenzie gesê.
McKenzie sê die mans – onderskeidelik 53 en 26 jaar oud – het op 2 Oktober in Kiribati vermis geraak en 33 dae later op Nimdrik uitgespoel. Dié koraaleiland is sowat 500 km van Kiribati geleë.
Verdere inligting oor hoe die mans verlore geraak en oorleef het, is nie onmiddellik bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP