Matige aardbewing skud Japan
2011-08-01 21:02
Tokio – ‘n Matige 6.2-aardbewing het langs die
suidelike kus van die Japanse eiland, Honshu, getref
Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie,
het die Amerikaanse Geologiese Opname
gesê.
Die skudding was teen ‘n diepte van 10 km,
sowat 39 km suid van Shizuoka en 165 km suid van Tokio.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP