Massiewe vulkaniese uitbarsting op pad
2009-12-17 17:37
Legaspi - Die inwoners van die dorp Legaspi in die Filippyne kan binne die volgende paar weke ’n massiewe vulkaniese uitbarsting verwag, het navorsers Donderdag gewaarsku.
“Ons het twee lawa koepels by die krater van die vulkaan Mayon gesien tydens ’n opname wat vanuit die lug uitgevoer is,” het July Sabit, ’n vulkanoloog aan AFP gesê.
“Die beteken dat druk besig is om binne die krater toe te neem,” het hy gesê.
Hy het gesê die koepels sal heelwaarskynlik inmekaarsak indien die magna aanhou styg.
'n Massiewe uitbarsting sal volg.
Dit kan ook beteken dat stromende vulkaniese as, rotse en gasse, wat bekend staan as piroklastiese vloeistof, teen ’n vinnige spoed by die krater uitborrel.
Duisende inwoners wat in gevaar is sal vir sowat vier maande in tydelike skuilings moet gaan bly, het amptenare gesê.
Daar is reeds ’n groot hoeveelheid, maar stadig bewegende lawa wat aan die suidekant van die vulkaan uitloop.
Teen Woensdagaand is daar reeds sowat 30 760 inwoners wat hulle huise in die dorp Legaspi verlaat het.
Almal wat in gevaar is, sal hopelik teen more vanuit hulle huise ontruim wees, het amptenare bygevoeg.
-Sapa-AFP