Mario Monti as premier ingesweer
2011-11-16 20:57
Rome – Die ekonoom Mario Monti is amptelik as die
nuwe Italiaanse premier ingesweer.
Die seremonie by die presidensiële paleis is deur president Giorgio Napoliano gelei.
Monti het reeds ‘n nuwe regering gevorm om
Italië uit sy skuldkrisis te lei.
As deel van die seremonie het Monti belowe om getrou te wees aan die
land, die land se grondwet te handhaaf en om na die belange van die nasie om
te sien.
Daarna het hy en die president blad geskud.
Die inwydingseremonie bring Silvio Berlusconi
se regering van die afgelope drie en ‘n half jaar amptelik tot ‘n einde.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP