Mans vas wat goud in rektums probeer smokkel
2012-01-16 16:10
Seoel – Agt mans is in Suid-Korea in hegtenis geneem vir ‘n komplot om goudstawe uit die land te smokkel deur dit in hul rektums te versteek, het Suid-Koreaanse doeane-beamptes gesê.
Die Korea Doeane-diens het Maandag gesê dat die mans $260 000 (sowat R2,1 miljoen) se goudstawe in klein kraletjies laat verander het en dit twee keer in 2010 na Japan gesmokkel het om invoerbelasting te ontduik.
Suid-Korea sê doeane-beamptes in Japan het die mans op hul tweede poging uitgevang. Hulle is beboet en huis toe gestuur.
Een van die verdagtes het later probeer om op dieselfde wyse goudstawe van Mongolië na Hongkong te smokkel, maar hy was weereens onsuksesvol.
In die tussentyd het Suid-Koreaanse amptenare bewyse teen hulle in hul eie land ingesamel. Die verdagtes het glo onlangs hul dade erken nadat hulle dit oorspronklik ontken het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP