Mans skiet bruidegom, familie by troue dood
2011-06-09 12:34
Kaboel – Gewapende mans het nege mense, insluitende ‘n bruidegom, om die lewe gebring in 'n aanval op 'n huwelikspartytjie in die ooste van Afganistan.
Volgens beamptes het die mans Woensdagaand losgebrand op ‘n groep van sowat 30 familielede wat fees gevier het.
Ahmad Zia Abdulzai, ‘n provinsiale woordvoerder, sê die aanvallers het op die bruidegom en sy familielede in die afgeleë Dur Baba-distrik losgebrand. Ná die skietery het die aanvallers ‘n huis en ‘n motor aan die brand gesteek.
Niemand het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.
Abdulzai sê die neef van die bruidegom is die hoof-administrateur van die Dur Baba-distrik. Sy aanmerking dui daarop dat die voorval moontlik ‘n aanval kon wees op die familie aangesien hulle bondgenote van die regering is.
Hy sê die saak sal ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP