Mans skiet 12 in hospitaal dood
2010-06-01 04:10
Lahore, Pakistan – Drie gewapende mans het Maandagaand ‘n hospitaal aangeval in Lahore, Pakistan, het ‘n senior dokter gesê.
Na bewering is twaalf mense dood en verskeie ander gyselaar gehou.
“Hulle het in die hospitaal ingestorm en dadelik begin skiet. Agt mense is dood en verskeie ander word aangehou,” het Javed Ikram, uitvoerende beampte by die Jinnah-hospitaal, gesê.
- Reuters