Mans drink op dooie vriend se rekening
2011-09-16 14:14
Denver – Twee mans wat vir ure met hul vriend se lyk rondgery het en sy bankkaart by ‘n ontkleeklub gebruik het, is onder meer aangekla van die mishandeling van ‘n lyk en identiteitsbedrog.
Die aangeklaagdes, Robert Jeffrey Young en Mark Rubinson is op borgtog vrygelaat maar kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Dit is onduidelik hoe hul vriend Jeffrey Jarret dood is, maar die twee mans is nie van sy moord aangekla nie.
Volgens die Denver Post het die twee Jarrett se liggaam op 27 Augustus in ‘n motor gelos terwyl hulle op sy rekening by ‘n kroeg gedrink het.
Ondersoekers beweer die mans het eers by 'n kroeg gestop, toe Jarrett se liggaam by sy huis afgelaai en daarna sy bankkaart gebruik om ‘n $400-rekening (sowat R3 000) by ‘n ontkleeklub te betaal.
Hulle het Jarrett se dood eers daarna aangemeld.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP