Man wen lotto - tweede keer
2010-09-29 13:48
St Louis – Die kanse om miljoene in die lotto te wen is skraal, maar ‘n man van Missouri het die boerpot vir ‘n tweede keer geslaan.
Ernest Pullen (57) het in Junie $1 miljoen (sowat R6,9 miljoen) met ‘n krapkaart gewen.
Hy het nog $2 miljoen (sowat R13,8 miljoen) ryker geword nadat hy hierdie maand weer sy kanse met ‘n krapkaart gewaag het.
Pullen sê hy sien homself as ‘n “gelukkige ou.”
Hy het besluit om die kontantbetaling te neem in plaas van die annuïteit vir beide krapkaarte.
Hy ontvang dus $700 000 (sowat R4,8 miljoen) vir sy eerste wen en sowat $1,3 miljoen (R9 miljoen) vir die tweede krapkaart.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA