Man wat baba-rot eet in hegtenis
2011-06-22 22:51
Salt Lake City – ‘n Man word van dieremishandeling aangekla nadat ‘n
video van hom wat ‘n baba-rot eet, op Facebook die rondtes gedoen het, berig Huffington Post.
Die diereregte-organisasie People for the
Ethical Treatment of Animals (Peta) het die video onder die owerhede se aandag
gebring en Andy Ray Harris (31) is in hegtenis geneem.
Die polisie in die dorp Toole het Harris blykbaar dadelik
herken weens vorige onderonsies wat hy met die owerhede gehad het.
Op die video sit Harris ‘n piepklein,
haarlose rot in sy mond, kou dit en sluk dit af.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.