Man vry nadat alkohol glo ná ongeluk drink
2010-12-01 04:56
Jackson, Missouri – ‘n Man is vrygespreek van ‘n aanklag van dronkbestuur nadat hy beweer het hy het die alkohol gedrink om warm te bly ná hy beheer oor sy motor op ‘n ysige pad verloor het.
Thomas Drummond het aan die hof gesê dat hy in Februarie ná ‘n aand uit saam met vriende huis toe gery het, toe sy voertuig van die gladde hoofweg gegly en in ‘n sloot beland het.
Drummond beweer dat hy nie onder die invloed was terwyl hy bestuur het nie, maar dat hy wel teen die tyd wat nooddienswerkers meer as twee ure later opgedaag het was.
Die Southeast Missourian het berig dat ‘n jurie Drummond verlede week vrygespreek het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP