Man vra Facebook-lesers om Moslems op feesdag te vermoor
2011-09-09 20:08
Parys – Die polisie in Frankryk is opsoek na ‘n man
wat op Facebook gesê het "Moslems in plaas van skape” moet tydens Eid al-Adha keelaf gesny word.
Verskeie Moslem-groepe en groepe wat rassisme
teenstaan, het oor dié Facebook-kommentaar gekla.
“Die polisie ondersoek tans wie dié onwaardige
stelling gemaak het,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.
Hulle het bygevoeg dat die aanstootlike
Facebook-blad reeds uitgevee is ná die French Muslim Council (CFCM) die polisie
gekontak en die Franse anti-Islamophobia Collective (CCIF) die sosiale netwerk
gekontak het.
Die boodskap het ‘n beroep op Facebook-lesers
gedoen om op die Groot Fees van Opoffering, bekend as Eid al-Adha, “Moslems keelaf te maak in plaas van skape".
“Ons sal dan uiteindelik rede hê om fees te
vier,” het die persoon op Facebook gesê.
“Dié betreurenswaardige beroep op mense om
moord te pleeg, kan tot ‘n tweede Oslo lei,” het Abdallah Zekri van die CFCM
met verwysing na die Julie-menseslagting
in Noorweë deur Anders Behring Breivik.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP