Man vir moord en verkragting gehang
2010-06-19 13:10
Tehran – ‘n Man wat skuldig bevind is aan moord en verkragting is in ‘n tronk in Zahedan, Iran gehang, het die Farhang Ashti koerant Saterdag berig.
Die man is as Akbar H geïdentifiseer.
Dit plaas die getal mense wat sover die jaar in Iran gehang is op 80, volgens ‘n opname van AFP-berigte.
Minstens 270 mense is in 2009 gehang.
Moord, verkragting, gewapende roof, dwelmsmokkelary en owerspel is strafbaar met die doodstraf in Iran.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP