Man verskyn vir moord op Indiese student
2012-01-02 17:34
London – ‘n Man wat na homself as "Psycho Stapleton" verwys, het Maandag in ‘n Britse hof verskyn op aanklag van moord ná hy na bewering ‘n Indiese student in die noordweste van Engeland doodgeskiet het.
Kiaran Stapleton (20) is vroeër vir 24 uur aangehou na hy eers in die hof in Manchester verskyn het. Hy is daar formeel van die moord op Anuj Bidve in Salford aangekla.
Stapleton het ‘n grys T-hemp en ‘n grys broek aangehad en is deur vier wagte vergesel.
Toe hy gevra is vir sy naam, het hy geantwoord: “Psycho. Psycho Stapleton."
Ben Southam, die aanklaer, het gesê die saak sal na die hooggeregshof verwys word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP