Man vermoor glo familielede, pleeg selfmoord
2012-01-12 14:45
Rome – Vyf mense is Donderdag in Sicilië in Italië dood nadat ‘n man glo sy agtjarige dogter, sy eksvrou, haar broer en haar ma doodgemaak het en daarna selfmoord gepleeg het, het Italiaanse media berig.
Brandweerbeamptes het die lyke van drie van die slagoffers in ‘n woonstel in Trapani gekry nadat hulle ‘n brand moes blus, het die ANSA-nuusagentskap berig.
Alles dui daartoe dat Pietro Fiorentino die drie slagoffers doodgemaak het en daarna die woonstel aan die brand gesteek het. Hy het toe van die gebou se vyfde verdieping gespring.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA