Man vermoor gesin voor egskeiding
2011-10-20 09:01
New York – ‘n Amerikaanse man het sy vrou en hul twee kinders vermoor voordat hy homself om die lewe gebring het, het die polisie Woensdag gesê.
Daar word berig dat Sam Friedlander (50) en sy vrou, Amy (46), besig was om te skei.
Volgens Michael Kopy, ‘n polisiewoordvoerder, het Friedlander sy vrou met 'n tafelpoot doodgeslaan nadat hulle ‘n gewelddadige argument in hul huis gehad het. Die gesin het in Lewisboro, ‘n voorstad van New York, gewoon.
Daarna het hy sy tienjarige dogter, Molly, en hul agtjarige seun, Gregory, in hul slaapkamers doodgeskiet.
Volgens Kopy het Friedlander toe na hul huis se kelder gegaan waar hy homself in die kop geskiet het.
Die egpaar sou vandag in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP