Man vermis ná storm in Griekeland
2010-10-28 15:05
Thessaloniki, Griekeland – Owerhede in Griekeland sê sowat 50 brandweermanne en noodduikers is op soek na 'n man wat deur vloedwater in noordelike Griekeland meegesleur is.
Die het probeer om sy seun te red toe die water hom meesleur.
Owerhede sê die man van sowat 60 jaar oud en sy vrou wou hul seun, wat se motor in modder vasgeval het, red.
Plaaslike inwoners het die vrou in haar 50's gered, terwyl 'n plaaslike burgemeester die egpaar se seun gered het.
Griekeland gaan sedert Woensdag gebuk onder erge storms.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP