Man vas wat kokaïne in Paaseiers probeer smokkel
2010-12-28 22:34
Kaapstad – ‘n Man wat kokaïne wou smokkel, het gedink Paaseiers, ‘n dag of wat voor Kersfees, sou doeanebeamptes flous, berig CNN.
Hy het gepoog om net oor die 6kg kokaïne, versteek in kleurvolle Paaseiers, na Amerika te smokkel.
Die doeanebeamptes het egter agterdogtig geraak omdat dit vir hulle vreemd was dat iemand net voor Kersfees met ‘n klomp Paaseiers vlieg.
“Dit is tog sekerlik ongewoon en beamptes word opgelei om enige onreëlmatighede raak te sien,” het ‘n woordvoerder vir die VSA se grensbeheer, gesê.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.