Man vas wat 45 kapsules vol kokaïen smokkel
2011-03-04 22:18
Toronto – ‘n Man van Toronto word van dwelmsmokkel
aangekla ná hy 45 kapsules kokaïen gesluk het en sy maag so erg gekramp het, dat hy in die hospitaal beland het.
Marlon Rhooms het die kapsules in Januarie in
Jamaika afgesluk.
Vier-en-dertig van die kapsules moes tydens ‘n
operasie uit sy verteringstelsel verwyder word terwyl die res op ‘n meer
natuurlike wyse uit sy sisteem gehelp is.
Die Toronto-polisie kon nie die waarde van die
dwelms bevestig nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA